preloader

Blog

Betroubaarheid en gehalte

Betroubaarheid en gehalte

Oor tye verander nie net boere se behoeftes nie, maar ook die manier waarop hulle hul boerdery benader en met spesifieke handelsmerke vereenselwig. Northmec Implemente besef dit goed en is dus deurlopend aan die voorpunt wat vernuwing betref. Northmec stel wêreldbekende handelsmerke beskikbaar wat met die jongste tegnologie toegerus is.

Baldan, afkomstig vanuit Brasilië, is ’n unieke handelsmerk wat al meer as 30 jaar deur Northmec Implemente in Suider-Afrika versprei word. Northmec is die alleenverspreider van alle Baldan-heelgoedere en oorspronklike onderdele. Baldan het in 1928 in die dorpie Matao as ’n ploegvervaardiger begin en is vandag een van die wêreld se bekendste handelsmerke met betrekking tot grondbewerkingstoerusting. Baldan ontwikkel produkte deur middel van gevorderde ontwerpkonsepte met die klem op grondvoorbereiding. Danksy ’n professionele bestuursbenadering het Baldan in 2010 sy eie vervaardigingstelsel, SBM, ontwikkel. Dit het Baldan in staat gestel om hom opnuut toe te spits op klante se spesifieke behoeftes en werktuie so doeltreffend moontlik te vervaardig.

Een van Northmec se gewildste modelle is die GCRTIS-tandemkontrasny-eg. Hierdie werktuig is beskikbaar met 62 en 70 skottels, met ’n werkwydte van onderskeidelik 8,5 m en 9,6 m.

SUIKERRIET

Vernuwende produkte is nog ’n bewys van Baldan se toewyding tot groei en ontwikkeling.

’n Goeie voorbeeld hiervan is werktuie vir grondbewerking en kunsmistoediening spesifiek vir suikerriet. Brasilië is een van die wêreld se grootste suikerrietverbouers en daarom is Baldan al dekades lank op dié plaaslike mark toegespits.

Die omvattende reeks bevat alles van suikerrietwerktuie wat vore trek en terselfdertyd kunsmis plaas, werktuie wat weer die vore toemaak, en kombinasietandwerktuie wat ook die grond diep losmaak, kunsmis toedien en skoffel.

Baldan se volledige reeks kontrasnyêe (off-set disc harrows) is al jare lank die plaaslike markleier. Beproefde eienskappe soos langlewendheid van die geseëlde laers en die ekstraswaardienskonstruksie het sonder twyfel tot dié prestasie bygedra. Danksy verskillende werkdieptes, wydtes, skottelgroottes en skottelspasiëring is ’n sny-eg vir trekkers en toediening van enige grootte beskikbaar.

Baldan lê klem op grondvoorbereiding en ontwikkel produkte deur middel van gevorderde ontwerpkonsepte. Van Baldan se beproefde eienskappe is die langlewendheid van die geseëlde laers en die ekstraswaardiens-konstruksie.

GCRTIS

Een van Northmec se gewildste modelle is die GCRTIS tandem-kontrasny-eg. Hierdie werktuig is beskikbaar met 62 en 70 skottels, met ’n werkwydte van onderskeidelik 8,5 m en 9,6 m. Hierdie swaardiens-werktuie is spesifiek ontwerp om optimaal in alle grondtoestande te werk en verseker uitstekende resultate tydens primêre grondvoorbereiding. Danksy swaardiensskottels met ’n deursneë van 700 mm, die alombekende Baldan-laers en ’n ekstraswaardiensraamwerk wat dié gewig met gemak dra, het hierdie werktuig ’n groot afwaartse druk van 134 kg per skottel.

Hierdie soort eienskappe verseker die gewildheid van die Baldan-handelsmerk. Baldan beskik ook oor ekstraswaardienstandwerktuie, soos Garra-beitelploeëen Asda-rippers. Albei dié reekse is sleeptipe en het ’n meganiese wegbreekaksie om elke tand te beskerm. ’n Snywiel vooraan elke tand verseker materiaalvloei en ’n roller agter die masjien verseker ’n seepgladde afwerking.

NAVRAE

Marcel du Plessis | 011 922 2300

Mnr. Marcel du Plessis is die nasionale verkoopsbestuurder van Northmec Implemente.

Write a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent News