preloader

Blog

Jacto: Nuwe werktuie, nuwe era

Jacto: Nuwe werktuie, nuwe era

Een van die wêreld se voorste spuitvervaardigers, Jacto, is daarop toegespits om aan te pas met die tye sodat hy deurentyd in boere se veranderende behoeftes kan voorsien. Drie nuwe werktuie is ’n toonbeeld van dié vernuwing en toewyding.

Jacto is ’n maatskappy met meer as sewentig jaar ervaring in die landbou. Transformasie is deel van Jacto se DNS en die maatskappy het ’n diep gewortelde doelwit om voortdurend nuwe oplossings te vind vir probleme waarmee boere daagliks te doen kry.

Hetsy dit die eerste rugsakspuite was, of kunsmisstrooiers, koffie-oesmasjiene en presisietoerusting, Jacto het nog altyd diep spore in die bedryf getrap. Jacto se visie het oor die jare nooit verander nie: Staan langs die boer. Produktiwiteit, gehalte en doeltreffendheid is vir alle boere belangrik. Gevolglik streef Jacto daarna om dié drie eienskappe daadwerklik in nuwe produkte te omskep. Dit is egter nie moontlik sonder boere, handelaars, vennote en werknemers nie. Jacto luister spesifiek na die mense op grondvlak wat alles laat gebeur en gretig wag op nuwe tegnologie wat hul dagtaak sal vergemaklik.

Met Jacto se eeufees oor sowat dertig jaar in gedagte, het die maatskappy besin oor die rigting waarin nuwe neigings en behoeftes sal beweeg. Dit is dus vir die maatskappy ’n voorreg om produkte bekend te stel wat ’n nuwe era vir Jacto simboliseer. Integrasie, vernuwing, konnektiwiteit en innoverende produkte soos die nuwe suikerrietstroper, onbemande waaierspuit en nuwe planterreeks, waaronder ’n hibriede weergawe wat ten volle outomaties is, is net enkele van die nuwe toerusting wat onlangs bekend gestel is.

NUWE WERKTUIE

■ Die nuwe Jacto Hover 500 is ’n tweery-suikerrietstroper. Dit beskik oor ’n kantelsnyplatform wat ’n skoner snit en minder verliese verseker. Eenvoud en beter brandstofverbruik is moontlik danksy meganiese aandrywing. Die stroper het ook ’n nuwe skoonmaakstelsel met vergrote waaiers en meer skoonmaakvermoë.

Die Jacto Hover 500 is 'n tweery-suikerrietstroper

■ Die nuwe Jacto Arbus 4000 JAV- onbemande waaierspuit outomatiseer die totale bespuiting. Dit gebruik laserskandering om die volume van plantmateriaal te bepaal en identifiseer die grootte en vorm van die boom. Die onafhanklike spuitbeheerstelsels met individuele elektriese waaierspuit-eenhede lewer die presiese toediening met die korrekte hoeveelheid wind net waar dit nodig is.

Die Jacto Arbus 4000 JAV bied beter bedekking, minder druppeldwaling en beter energieverbruik. Otmis-presisietegnologie verseker beter beheer en kontrole. Dit bied ook toedieningskartering deur middel van sensors. Verskillende masjiene in een boord kan maklik gesinchroniseer word en sensors identifiseer hindernisse. Hierdie werktuig het ’n onafhanklike stuur, vering op al vier wiele en ’n giftenk van 4 000 liter.

■ Die nuwe Jacto Uniport Planter 500 is ’n geïntegreerde trekker-en-saad/ kunsmiskombinasie. Dit het ’n 350 kW enjin met ’n 8 700 liter-saadkis. Die elektriese opwekker verskaf krag na ’n onafhanklike elektriese motor op elke wiel. Dit het vyf onafhanklike, geartikuleerde planterseksies met ’n maksimum van 61 plantereenhede. Die planterseksies kan tot 22 grade artikuleer en bied uitstekende vloei van reste onder deur ’n verhoogde planterraamwerk. Dit het onafhanklike plantereenhede met ’n maklik verstelbare “downforce”-stelsel. Met dié werktuie weet Jacto presies waarheen hy op pad is. Hierdie tegnologie is moontlik binnekort ook vir die uitvoermark beskikbaar.

Die Jacto Uniport Planter 500 is 'n geïntigreerde trekker-en-saad/kunsmis-kombinasie.

Write a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent News