preloader

Blog

Kies só die regte voermenger

Kies só die regte voermenger

Om ’n gesonde en gebalanseerde rantsoen vir vee te verskaf, is een van die belangrikste doelstellings vir die veeboer. Dit is egter belangrik om te verseker die bestanddele van die voer, wat gewoonlik uit verskeie teksture en hoeveelhede bestaan, word deeglik gemeng sodat elke dier, met elke hap, die regte hoeveelheid voedingstowwe inneem.

Met die regte voermenger word die boer se taak om gebalanseerde kos aan sy diere te voorsien, aansienlik vergemaklik. Vir enige boerdery, groot of klein, is die gehalte van voermengsels, die regte snylengtes van ruvoer en noukeurige mengsamestelling die basiese eienskappe van ’n goeie voermenger.

Omdat byna elke boerdery se voerbehoeftes verskil, sal die voermenger wat vir jou buurman geskik is, nie noodwendig vir jou werk nie. Daarom is dit belangrik om ’n plaas se eiesoortige behoeftes te bepaal voordat ’n nuwe voermenger gekoop word. Die soort diere wat gevoer word, die aantal en soort voer wat gemeng moet word en die toestande by die laaigebied is van die dinge wat ’n boer in ag moet neem. Die belangrikste faktor is egter die welstand van sy vee en die voordele wat sterk en gesonde diere meebring.

Storti bied ’n verskeidenheid voermengers, elk met spesifieke eienskappe en funksies, om in elke boer se unieke veebehoeftes te voorsien.

STORTI HUSKY

Die Storti Husky het ’n horisontale, beheerde mengaksie met ’n mengvermoë van tot 19 m³. Die Husky is toegerus met een onderste spaan wat die rantsoen van agter na voor beweeg terwyl dit die voer sny. Twee boonste awegare sorg dat die mengsel weer van bo na agter beweeg om sodoende die mengproses te herhaal.

Die menger is laag en kan maklik gelaai word. Grootmaatvoer kan van bo gelaai word en kleiner hoeveelhede van agter. Die hoof-uitlaaideur is regs voor geleë wat verseker dat geen voer in die menger agterbly nie. Daarby het hierdie kompakte menger ’n lae kragbehoefte en sodoende ’n lae onderhoudskoste.

STORTI DOGO

Die groter, nuwe weergawe is die Storti Dogo met ’n mengvermoë van tot 28 m³. Dit het ook ’n beheerde mengaksie soortgelyk aan dié van die Husky-model, wat beteken die mengsel word meganies gemeng en beweeg met behulp van die onderste spaan en twee mengende awegare aan die bokant. Dit lewer ’n sagte en homogene mengsel van tot 98%. Die Storti Dogo se lemme sny teen ’n kontralem en lewer ’n puik snit op ruvoer. Hierdie menger is ook laag, kan van bo en onder gelaai word, en voer kan egalig en doeltreffend uitgelaai word.

STORTI BOXER

Dit is ’n nuwe en verbeterde weergawe van die vorige Akita en Marmix-model. Die Storti Boxer is ’n horisontale voermenger met ’n vulkaniese mengaksie. Daar is twee modelle waaruit die boer kan kies. Die eerste opsie is die DS-model, ’n menger met ’n ekstra rotormeganisme wat die kuilvoer direk uit die hoop in die menger kan plaas. Dit het ’n mengvermoë van tot 18 m³. Die tweede opsie is die MT-model, ’n menger sonder die rotormeganisme. Dit het ’n mengvermoë van tot 24 m³.

Albei modelle waarborg die vinnige en noukeurige sny van voer danksy die aantal teenwerkende lemme aan die onderkant van die awegare. Die aangepaste vorm van die tenk, wat die akkuraatheid en konstantheid aan albei kante van die tenk verhoog, lei tot hoër spoed en gehalte-uitsette. Danksy hierdie aanpassing het die menger ’n laer kragbehoefte en onderhoudskoste. Die Storti Boxer is spesiaal ontwerp vir die vinnige opbreek en kerf van ronde strooi- en hooibale. Dit kan gelyktydig aan albei kante uitgelaai word.

STORTI DUNKER

Die Storti Dunker gebruik ’n vertikale, vulkaniese mengaksie waar voer na bo gestoot word en met swaartekrag terugval. Dit het ’n groot mengvermoë (tot 32 m³), en is spesifiek ontwerp vir die vinnige opbreek en kerf van ronde en vierkantige strooi en hooibale. Hierdie menger is ideaal vir klein tot middelgroot boerderye, nie net oor die goedkoper aankoopprys nie, maar ook omdat dit minder energie gebruik en ruimte in beslag neem. Die kompakte grootte van die menger maak dit maklik om op die plaas te verskuif. Dit kan ook maklik oor smal paaie vervoer word. Die Storti Dunker lewer ’n baie sagte mengsel. Alle bestanddele word van bo gelaai en die hoogte van die menger kan hierdie proses vergemaklik.

NAVRAE

Marcel du Plessis | 011 922 2300

Mnr. Marcel du Plessis is die nasionale verkoopsbestuurder van Northmec Implemente.

Write a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent News