preloader

Blog

Sny hooi gerieflik en doeltreffend

Sny hooi gerieflik en doeltreffend

Hoewel baie boere sê alle driepuntsnyers is vir hulle byna dieselfde, is dit egter in die meeste gevalle die klein verskille wat een snyer van ’n ander onderskei. Dit is juis dié verskille wat die nuwe reeks Vermeer 50-tolsnyers bo die res laat uitstaan.

Danksy Vermeer se vindingrykheid is die dae van eindelose gesukkel en frustrasie om driepunt-snymasjiene aan en af te haak, iets van die verlede. Vermeer het ’n nuwe reeks 50-driepunt-tolsnyers bekend gestel wat ’n splinternuwe en unieke Vermeer- Quick Hitchaanhegstuk het. Danksy hierdie eienskap is aan- en afhaak nou ’n eenmantaak in ’n paar eenvoudige stappe – dan is jy reg om te sny!

Die gevolg van hierdie nuwe funksie is dat meer tyd bestee kan word om te sny en minder tyd om aan en af te haak. Dit verhoog die snyer se doeltreffendheid en stel ook die trekker vinniger beskikbaar om ander take in die groeityd te verrig.

Die nuwe 50-reeks Vermeersnyers het ook ’n ander ingeboude voordeel. Die Quick-Clip-stelsel is ’n standaardeienskap van alle Vermeer-snyers. Dit stel die operateur in staat om gerieflik binne sekondes messe om te ruil, wat andersins ’n tydrowende proses is.

Die 50-reeks driepuntsnyers is in die volgende snywydtes beskikbaar: 2,05 m, 2,4 m, 2,8 m en 3,2 m – almal sonder kneusers.

Die Vermeer M6050-driepuntsnyer.

SLEEPSNYERS

Indien jy eerder wil sleep as om ’n driepuntsnymasjien te gebruik, is ’n groot reeks sleeptipe snyermodelle met verskeie opsies van Vermeer beskikbaar. Die nuwe reeks Vermeer TM-10-sleepsnyers is bekend om hul eenvoud en die feit dat geen gereedskap nodig is om verstellings aan die werktuig te maak nie. Die snyer word net aan die trekker se sleepstang gehaak, die kragaftakker en die hidrouliese pype word opgekoppel, en daar gaan jy!

Omdat dit ’n sleeptipe snyer is, kan trekkers met tot 20% minder kraglewering gebruik word.

Die ingeboude rubbervering beskerm die snybed teen rowwe en ongelyke oppervlakke en verseker ’n eenvormige snyhoogte.

Die snybed se werkhoogte kan ook sonder gereedskap verstel word. Anders as ander driepuntsnymasjiene hoef die reeks TM-sleepmasjien se snybed dus nie noodwendig reg op die grond te rus nie. Gevolglik verminder die slytasie van die bed noemenswaardig.

Die TM-reeks is beskikbaar in snywydtes van 2,5 m, 2,8 m en 3,2 m – almal sonder kneusers. Die Vermeer TM1210- en TM1410-sleeptipe snyers is van die grootste sleepsnyers wat sonder kneusers beskikbaar is. Hierdie reeks is spesifiek ontwerp om meer hektaar op ’n dag te sny sonder die probleme wat gewoonlik met groot sleeptipesnyers gepaardgaan. Die TM-reeks het ’n voerwydte van 2,7 m en is beskikbaar in snywydtes van 5,4 m of 6,3 m.


Die unieke modulêre Q3-snybed wat met ’n as aangedryf word, ’n veringstelsel wat met stikstof gevul is en die Quick-Clip-messtelsel is maar net ’n paar van die Vermeer TM-reeks se unieke eienskappe.

Die Quick Clip-lemme kan vinnig omgeruil word.

KEUSE VAN KNEUSERS

Indien jy op soek is na ’n sleeptipe-snyerkneuser, is die Vermeer MC-reeks net die een. Dit is beskikbaar met snywydtes van 2,8 m tot 4,5 m.

Met die opsie van staal-, rubber- –of vingerkneusers is daar ’n snyerkneuser om aan elke denkbare vereiste te voldoen.

Die reeks het ook die modulêre Q3-snybed wat met ’n as aangedryf word.

Die Quick Change-skuifringontwerp beskerm individuele onderdele teen moontlike skade. Dit het ook ’n veringstelsel wat met stikstof gevul is en swaardiensonderdele.

Al Vermeer se snybedeenhede het ’n driejaarwaarborg.

NAVRAE

Marcel du Plessis | 011 922 2300

Write a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent News